Wes-Boland Eisteddfod uitslae

Hoërskool Bellville se leerders het vanjaar puik gevaar by die afgelope Wes-Boland Eisteddfod te Langebaan, op 26 Augustus 2016.

Hulle uitslae was as volg:

 

SOLOSANG  met elektroniese begeleiding:

 

1.)  Leandri Martin:  “Broadway” – CUM LAUDE

2.)  Leana Pietersen:  “Broadway” – CUM LAUDE

3.)  Gretchen Muller:  “Afrikaans” – CUM LAUDE

 

DUET met elektroniese begeleiding:

 

1.)  Leana Pietersen & Shanai Vos (Hoërskool Brackenfell):  “Afrikaanse Pop Ballade” – CUM LAUDE

 

ACAPELLA:

 

1.)  Acapella groep (Jubelaté): “Gospel” – CUM LAUDE

 

Bogenoemde groep studente van die Riana van Wyk Sangskool, vorm ook almal deel van die acapella groep, Jubelaté, wat “Houtkruis” vir hierdie geleentheid uitgevoer het.

 

Die acapella groep, Jubelaté, ontvang vanjaar die TROFEE vir “BESTE ACAPELLA GROEP” by die Wes-Boland Eisteddfod se prysuitdeling op Vrydag 16 September 2016.

 

Baie geluk! Bellville is Leeutrots op julle!