Ané Kotzé presteer in Moderne Danse

Ané Kotzé - Internasionale Modern Dancing

Ané Kotzé – Internasionale Modern Dancing

Baie geluk aan Ané Kotzé wat eerste plek gekry het in haar graad met haar internasionale Modern Dancing eksamen.

Die dansskool maak onderskeid tussen die dansskool se eksamen (Jacqueline’s Acadamy of Dance) en die internasionale eksamen.  Vir die internasionale eksamen word slegs ‘n paar dansers in hulle onderskeie dansordes gekies om te dans voor ‘n internasionale keurder.  Die dame was Oktober hier vanaf Nieu-Zeeland en die kinders word baie streng gegradueer aangesien hulle dieselfde bepunt word as die res van die wêreld se dansers en hierdie dame van land tot land beweeg.

Bellville het baie meisies wat aan die dansskool behoort.  Hulle is passievol en glad nie skaam vir dans voor groot groepe mense nie.  Hulle het elke jaar ‘n “Young Dancers Event” waar hulle hulle eie choreografie doen en enige dansstyl kan dans.  Hulle kan deelneem aan solo, duet en groepdans.  Ané en haar dansmaat het silwer gekry laasjaar en hulle groep goud.