Kinderteater voer Pinocchio op!

Kinderteater - Pinocchio

Kinderteater – Pinocchio

Baie geluk aan die leerders wat Woensdag aan die kinderteater deelgeneem het met ‘n puik produksie van Pinocchio. Die gelag en die geskree wat in die skool gehoor is, was ‘n teken dat die voorskoolse kinders, wat dit bygewoon het, dit terdeë geniet het. Welgedaan Mev van Lill en Me. Cloete.