Verhooggrimering

Sessies vind elke Woensdag deur die jaar vanaf 14:30 tot 15:30 in C1 plaas. Tans is daar ‘n groep van 15-20 dogters (vanaf grade 8 tot 12) wat betrokke is. Leerders hoef geen kuns-agtergrond te hê om deel te wees van die groep nie. Hulle moet bereid wees om kreatief te dink en met grimeer-tegnieke te eksperimenteer. Daar is  geen koste daaraan verbonde om deel van die span te wees nie. Daar is ook geen toetse of eksamens wat afgelê moet word nie. Ons kom bymekaar en leef ons kreatiwiteit ten volle uit.

Ons volg ‘n spesifieke program, bv. gewone grimering, veroudering, snye en kneusplekke, fantasie, ens. Ons doen die grimering vir al die skool se opvoerings deur die jaar (bv. Kinderteater in die 1ste kwartaal) en ons word uitgenooi deur ons omliggende laerskole om behulpsaam te wees as hulle ‘n opvoering / revue op die planke gebring word(bv. Laerskool Eversdal se konsert in November 2010).