SAPIENS WEEREENS EEN VAN TOP 10 SKOOLKOERANTE

In die onlangse Media24 Nasionale Skoolkoerant Kompetisie is die Hoërskool Bellville se skoolkoerant, Sapiens, as die algehele 9de beste skoolkoerant aangewys. Volgens die beordelaars was die kompetisie hierdie jaar besonder taai, en die inskrywings van baie hoë gehalte.
Die formaat van die kompetisie het hierdie jaar verander en skoolkoerante moes eers meeding in hulle onderskeie provinsies voordat hulle deurgedring het na die nasionale kompetisie. Wes-Kaap skole het koning gekraai onder die land se skoolkoerante.
Ons is baie trots op ons hardwerkende en kreatiewe redaksie.