Hoërskool Bellville pak opwindende nuwe projek aan: Advertensieborde

As ons kyk na die ekonomiese toestand in Suid Afrika en die duur onkoste van koerant-advertensies, is die gebruik van advertensieborde ‘n  ideale geleentheid om u besigheid die nodige blootstelling te gee. Die Hoërskool Bellville bied eersdaags vir u hierdie geleentheid met ‘n opwindende nuwe projek!
Die projek behels die oprig van advertensieborde rondom die sportgronde. Daar is op hierdie staduim 4 fases wat oor die volgende ses maande van stapel gestuur sal word. Die projek begin Januarie 2013.

 Fondse wat uit hierdie advertensieborde gegenereer word, sal gebruik word vir die onderhoud en uitbreiding van sportgeriewe.

Perimeter Advertising gaan die projek hanteer.

 

Indien u ‘n besigheid besit of vir ‘n maatskappy werk wat sou belangstel om van hierdie geleentheid gebruik te maak, tree in verbinding met David Wilds by Perimeter Advertising. Moenie die geleentheid misloop nie. Blaas nuwe lewe in jou maatskappy.

Tel: 0829227666 0f Deon Krige – Tel: 0729041290