Aflaai van kommunikeerder

Hoërskool Bellville het ‘n uitstekende kommunikeerderprogram waarop al die nuutste gebeure en tye, prestasies en allerhande belangrike sake aan ouers bekendgemaak word. Al wat vereis word is ‘n internetlyn en installasie van die program. Hierdie program stel ouers en in staat om dadelik kennis van gebeure, veranderinge in tye, ens. Ons wil ‘n beroep op alle ouers doen om asseblief die program te installeer omdat dit kommunikasie tussen u en die skool baie vergemaklik.

Indien u nog nie die skool se kommunikeerderprogram op u rekenaar geinstalleer het nie, kan u dit op die volgende manier verkry:

U kan die program vanaf die internet aflaai. Die web-adres is http://www.school-communicator.com/download.php?schoolid=266  U sal op hierdie webtuiste ‘n lang lys skole vind waarvan u dan Hoërskool Bellville moet kies. Die program en installasie is gratis.

 

LET WEL: Indien u voor Desember 2012 u kommunikeerder geinstalleer het, sal u dit weer moet doen aangesien daar ‘n nuwe weergawe van die kommunikeerder beskikbaar is. Opdaterings verskyn nie meer op die ou weergawe nie.