MTBS 2017

IMG_9204

Reeds in 1929 het mnr. Charles Hofmeyer hom beywer vir die stigting van die Hoërskool Bellville.  Ons pluk vandag  met dankbaarheid die vrugte daarvan.

Dit is  vir die Hoërskool Bellville ’n besondere voorreg om in ons TAGTIGSTE bestaansjaar die MTBS skole :  Hoërskool DF Malan, Hoërskool Stellenberg en Hoërskool Tygerberg  by hierdie besondere skole-atletiekbyeenkoms te verwelkom.

IMG_7177

Wat hierdie byeenkoms vanjaar nog verder uniek maak,  is dat dit vir die eerste keer op die Groenpuntstadion aangebied word.  Die merkwaardige geskiedenis van die “Greenpoint Common” sluit  by ons skool se geskiedenis van die afgelope 80 jaar en die geskiedenis van die MTBS aan.

Daar is in die 17de en 18de eeu na  hierdie gedeelte waar die atletiekstadion vandag is, verwys as “die waterplaats”  en in die 19de eeu as “de vlakte genaamd de Groene punt”.  Alhoewel dit in die beginjare bloot as weiding gebruik is, het verskeie historiese ontwikkelinge later daar plaasgevind.  Aan die einde van die 19de eeu is die Groenpunt- fietsbaan hier gebou en sporte soos perdewedrenne, krieket, rugby en gholf is hier gespeel.

With the historic area in mind, it is a great privilege for Bellville High School to host the MTBS of 2017.  I believe that everybody involved in the MTBS will be well aware of this momentous occasion.  Emil Zatopek said: “An athlete must run with hope in his heart and dreams in his head.”

Ek wil die hoop uitspreek dat alle atlete met hierdie gesindheid, wilskrag, integriteit en drome met passie op hierdie geskiedkundige stadion sal deelneem.

Hierdie dag is egter nie moontlik sonder ons borge,  Jaguar Land Rover N1 City en die Noordwes Universiteit (Pukke), nie.  Dankie dat u in die belang van ons leerders en skole-atletiek in Suid-Afrika optree.

Graag wil ek me. Pansegrouw  bedank vir haar ywer en entoesiasme om hierdie byeenkoms te laat realiseer.  Dankie aan al ons afrigters en personeel vir al hulle harde werk.

Dankie aan ons toeskouers en ouers wat die MTBS ondersteun.  Ons is opreg dankbaar dat die tradisionele gees op die pawiljoene weer saam met die atletiek sy regmatige plek ingeneem het.

Ons is trots op ons atlete wat veggees  getoon het om in elke wedloop tot die einde  te baklei , sowel as die atlete wat met trots en waardigheid gewen het.  Hoërskool Bellville se atletiekspan was algeheel derde  met 19 goue -, 14 silwer – en 27 brons medaljes.

 

Baie geluk aan die volgende atlete met hul pragtige prestasies:

FullSizeRender

Handré Carstens is aangewys as die beste o.15 seunsatleet in gewigstoot waar hy 810 punte op die ASA-tabel verower het.

Xavier Adams is aangewys as die beste o.17 seunsatleet in 110m Hekkies  waar hy 830 punte op die ASA-tabel verower het.  Xavier het ook die trofee gekry vir die beste prestasie in drie items, vir 110mH, 400mH en 200m.

Die ster van die dag was Kayla Smit.  Sy is aangewys as die  beste o.17 dogtersatleet in gewigstoot waar sy 880 punte op die ASA-tabel verower het. Kayla het ook ‘n trofee ontvang vir die beste prestasie van die dag vir haar gewigstoot.  Baie geluk, Kayla, ons is trots op jou.

 

Baie sterkte aan ons atlete wat deurgaan na die volgende sonebyeenkoms.

.