Bellville Musikante blink uit in Unisa se eksamens

Kultuur

Leerders van die Hoërskool  Bellville het uitstekend presteer in Unisa se tweede  musiekeksamensessie in 2016.

Van links na regs is me Carike Steenkamp, Nathan Huysamen (slaag gr. 5 klavier met  84%), Antoinette Theron (slaag gr. 4  teorie met 95%), Eugéne Fouché  (slaag gr. 5 teorie met 97%), André de Villiers (slaag  tenoorsaksofoon met 92%  en gr. 4 teorie met 86%) en Teána  Engelbrecht (slaag gr. 5 teorie met 97%).

Voor van links na regs:  Marthinus Smuts (slaag altsaksofoon met 85% en Tee-Jay Jack (slaag gr. 3 tenoorsaksofoon met 83%).

Antoinette, Eugéne,  André  en Teána is ook op die Unisa se Ererol geplaas weens hulle prestasies bo 90%.

.