Opening van Hoërskool Bellville se Hokkie-Astro

Astro Opening

Hiermee word u hartlik uitgenooi na die opening van ons splinternuwe hokkie-astro en die eerste amptelike wedstryd wat daarop gespeel word! Dit is u kans om ‘n voetspoor in ons skool se geskiedenis te maak en ook te deel in die laaste gedeelte van ons 80ste verjaardagvieringe!

Datum: Woensdag, 29 November 2017

Tyd: 17:00-19:00

Daar sal verversings beskikbaar wees.

.