Opening van die astro-kompleks te Hoërskool Bellville – Program

Opening 1

Op Woensdag, 29 November 2017, word die astro-kompleks om 17:00 amptelik geopen. Die verrigtinge begin met ‘n trompetgeskal en die aanskakel van die elektroniese telbord. Die verrigtinge gaan oor in ‘n fanfare  waar die eregaste met vlae hul verskyning maak. Die opening met skriflesing en gebed deur die hoofleiers word gevolg deur die voorwoord van mnr GJJ du Plessis.

Opening 5 - Vlae

Mnr. Marius Fivaz, voorsitter van die beheerliggaam, doen die bedankings waarna die astro geopen word deur die onthulling van ‘n plaak en die knip van die lint.

Opening 41 - Fivaz

Tydens die 80-minuut wedstryd word die bal deur verteenwoordigers van die skool se hokkiegeskiedenis, wat in die 1950’s begin het, afgeslaan. Esme van Vuuren (nee Fourie) verteenwoordig die1950’s; mnr Ian Steyn (eerstespan afrigter) die 1960’s; me Lizette van der Westhuizen (kaptein) die 1970’s; dr Marise Heyns (kaptein 1984) die 1980’s; Eugene  Pio (kaptein 1996) die 1990’s; mnr Pierre Nelson en Esmari Hussinger die 2000’s  en Lindi Anker (kaptein 2013-2014 en SA-verteenwoordiger) die 2010’s.

Opening 3 - Skoollied

Die wedstryd duur 80 minute ononderbroke ter viering van die 80ste bestaansjaar van die skool. Die maroon- en die blouspan word verteenwoordig deur voornemende graad 8-leerders van 2018, huidige spanspelers en voormalige spelers. Die wedstryd begin aanvanklik met 2 meisiespanne waarna seuns stelselmatige inruil en dit dan as ‘n seunswedstryd afsluit.

 

Die opening sluit af met ‘n geselligheid vir al die eregaste.

.