Carlo Louw presteer by SA Junior Skaakkampioenskappe

LOUW, CARLOie Suid-Afrikaanse Junior Skaakkampioenskappe is van 3-12 Januarie by Birchwood konferensiesentrum in Boksburg gehou. Meer as 2500 skaakspelers van verskillende provinsies het teen mekaar meegeding.

Skaak 1

Carlo was ‘n speler vir die WP o16 A span, wat 2de geëindig het met slegs 1 punt agter Johannesburg Metro. Carlo het in die spantoernooi die bordprys gewen vir die beste speler op sy bord van die 8 provinsies wat in die kampioenskap afdeling deelgeneem het.

Carlo Louw - WP Skaak
By die individuele toernooi het Carlo 5de uit die 65 deelnemers geëindig. Hy word dus genooi na die geslote SA toernooi wat tydens die April vakansie sal plaasvind. Hier sal die top 30 spelers van die land in elke ouderdomsgroep dan teen mekaar meeding.

Baie geluk, Carlo! Bellville is Leeutrots op jou!

.