UNISA vereer Bianca Cloete

Bianca foto

NUUSFLITS:

Ons het pas verneem dat Bianca Cloete (graad 11) ‘n uitsonderlike prestasie behaal het en deur UNISA vereer word. Die Hennie Joubert Merieteprys en ‘n kontantprys van R450 is aan haar toegeken vir haar puik prestasie in graad 3 musiekteorie van UNISA. Die prys word elke jaar aan slegs die top 2 kandidate per graad toegeken en getuig van Bianca se toewyding en harde werk.

Baie geluk. Ons is #LeeuTrots op jou. 

Prof. Joubert was ‘n oudleerder van HS Bellville en die skool se musiekdepartement is ook na hom vernoem.

.