Tygerberg Internasionale Eisteddfod vereer Bellville se koor

Koor

Ons bars van trots oor ons koor. Die Hoërskool Bellville-koor is 1 van 5 hoërskoolkore wat uitgenooi is om by die Tygerberg Internasionale Eisteddfod se Gala-koorfees op te tree. Dit volg op die koor se puik vertoning verlede maand by die Tygerberg Eisteddfod se koorfees. Die Gala-koorfees vind op 7 September in die Endlersaal van die Universiteit van Stellenbosch plaas. Die kore wat uitgenooi is om aan die Gala-koorfees deel te neem, het verlede maand die beste in die onderskeie afdelings by die Eisteddfod gevaar en gaan nou aan die finale rondte deelneem.

.