Leerder van HS Bellville vir Nasionale Jeugparlement gekies

FIVAZ-MARZANNE

Marzanne Fivaz is as deel van ‘n uitgesoekte groep leerders gekies om die Wes-Kaap by die Nasionale Jeugparlement te verteenwoordig en die ministers te ontmoet. Marzanne, ‘n graad 10 graadleier, is deur die stadsraad genomineer om op 1 September ‘n provinsiale konsultasie-vergadering by te woon, waar 10 kandidate gekies is om die Nasionale Jeugparlement in die Oktober-skoolvakansie by te woon. Baie geluk!

.