Mia Hough is kategorie-wenner van Tygerberg Eisteddfod

dav

Welgedaan aan Mia Hough wat aangewys is as die kategorie-/trofee-wenner van die dogters 14jr Solosang by die onlangse Tygerberg Eisteddfod. Sy het dus die hoogste gesamentlike punt verwerf vir die afdelings Klassieke sang (88%), Kontemporêr (95%) en Musiekteater (96%). Mia is genooi om die 19de September by die Gala-aand in die Bellville Stadskouburg op te tree. 

.