Mia Hough slaan ‘n kykNET TV-rol los!

dav

Baie geluk aan Mia (graad 9) wat ‘n rol in die dramareeks “Alles Malan” gekry het. Sy gaan die rol van Karli vertolk en is baie opgewonde oor haar eerste professionele produksie. Netwerk24 berig dat die dramareeks handel oor die Malan-gesin wat al vier geslagte lank in die Paarl woon en skoolgaan. Die reeks van 13 episodes word van volgende maand af verfilm. Die regisseurs is René en Corné van Rooyen (van Vaselinetjie en Hollywood in My Huis). Mia, die Hoërskool Bellville is #leeutrots op jou!

.