HOËRSKOOL BELLVILLE ONDER TOP 25 SKOLE IN SA WAT 100% SLAAGSYFER HANDHAAF

HS Bellville HEADER

HOËRSKOOL BELLVILLE ONDER TOP 25 SKOLE IN SA WAT 100% SLAAGSYFER HANDHAAF

 

Hoërskool Bellville is aangewys as een van die top 25 skole in die land wat reeds 5 jaar lank ‘n 100% matriekslaagsyfer handhaaf. Volgens die Departement van Basiese Onderwys se Skoolprestasieverslag vir 2018 is die skool een van slegs 9 skole in die Wes-Kaap wat hierdie prestasie behaal het en die enigste skool in die Noordelike Voorstede. Hoërskool Bellville het in die 2018-matriekuitslae vir die 6de agtereenvolgende jaar ‘n 100% matriekslaagsyfer gehad. Die skool het 217 matrikulante gehad wat die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen afgelê het.

 

Die 2018-matriekuitslae is soos volg:

  • 100% slaagsyfer vir 6de jaar in ‘n ry.
  • 93.5% slaag met Baccalaureustoekenning
  • 99.5 % slaag met toelating tot tersiêre studies.
  • 80% (17 uit 21) van vakke se gemiddeldes is bokant 65%.
  • Top drie kandidate:
    Adriaan Lourens: 94.1 %
    Wicus van der Linden: 92.4%
    Chanté Fourie: 91.1%

Baie dankie aan die pligsgetroue matrieks van 2018 en ons hoogs bekwame personeel vir jul harde werk.

 

Gaan lees gerus die volgende artikels:

https://businesstech.co.za/news/lifestyle/292432/these-are-the-best-and-worst-performing-schools-in-south-africa/?fbclid=IwAR0Zv9trT1DCrctNnwYgtVBzpWgrf5y9dxzvSuzm1MJ6PN4BQuGZCMKJkFE

https://www.capetownetc.com/news/nine-cape-schools-rank-among-top-25-in-sa/?fbclid=IwAR1dGV-22T4dv8_iZwUY1iLe6V2r2DUZcybzaq9borEqJJz7OvHc-aoWC5Q

HS Bellville FOOTER

.