Die Hoërskool Bellville stel bekend sy nuwe podcast-kanaal – PARATUS!

HS Bellville LOGO

Gaan luister beslis om te hoor van al die opwindende sport-, akademiese- en ander gebeure by die skool: https://m.soundcloud.com/user-815940284/welkom-by-paratus

In die eerste episode praat ons onder meer met die leerderleiers oor hul paaseierprojek en die graad 7-hoofleierbraai. Daar is ook vele sport- en ander nuusbrokkies.

Die bemarker, me. Hannelie van Lill, wil graag vir mnr. Anton Botha bedank vir die hulp en kundigheid met die skep van die podcast-kanaal.

.