Bedanking van borg – o.15-Rugbytoergroep

 

hdr

Graag wil die Hoërskool Bellville vir mnr. Paul Kruger van Brandwag Security Services bedank wat die o.15-rugbytoergroep vanjaar as borg en weldoener ondersteun.

Mnr. Kruger borg nie net die toergroep se opwarmhemde nie, maar help ook waar daar ‘n behoefte is vir ander klere en toergelde.

Op die foto oorhandig mnr. Kruger van die klere aan mnr. Vernon Dickason, rugby-organiseerder en een van die span se afrigters.

.