Toutrekkers blink uit

53145594_2538131436228857_2692605733341495296_o

Baie sterkte aan al die Hoërskool Bellville se toutrekkers wat van 7-9 Maart by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe in Oudtshoorn deelneem.

 Bulldogs Dogters

Vyf van die Hoërskool Bellville se meisies het op 23 Feb as deel van die Westcliff Bulldogs-span silwer medaljes by die WP/Wynland (Boland) Junior Kampioenskappe gewen en WP-kleure verwerf. Die volgende leerders het in twee verskillende gewigsafdelings (440kg en 480kg meisies) silwer gewen en hul WP-kleure verwerf:

Anke Swart

Jamey Coetzee

Megan Entres

Lize Visser

Carla Andrews was by een gewigsafdeling ingeskryf (440kg dogters), waar sy silwer gewen en haar WP-kleure verwerf het.

 IMG-20190227-WA0009

Die seuns het ook puik gevaar:

Die 440 A-span het ‘n algeheel 4de plek behaal, maar is 2de in die WP.

Die 480 A-span het algeheel ‘n 6de plek behaal, maar is ook 2de in die WP.

Die volgende seuns het as deel van Westcliff Toutrekspan hierdie prestasie behaal:

Arno van Zyl

Anton du Plessis

Martin White

Dylan Labuschagne

Die seuns wat verkies is om Westcliff Toutrek by die SA’s te verteenwoordig, is:

Arno van Zyl

Anton du Plessis

Dylan Labuschagne

Martin White

Luan van Rooyen

.