Laerskole Koorfees 2019: Kore betower die gehoor

Die Hoërskool Bellville se jaarlikse Laerskole Koorfees by die Hugo Lambrechts Ouditorium in Parow het gesorg vir ‘n besonderse aand van koorsang en musiek. Dit was die agtste keer wat die skool hierdie praggeleentheid aangebied en vyf van sy voederskole se kore opgetree het. Die gehoor kon veral nie stilsit toe die Hoërskool Bellville Gemengde Koor en die laerskoolkore saam met die hoërskool se Simfoniese Blaasorkes as ‘n massakoor die liedjie YMCA sing nie. Die Hoërskool Bellville se Gemengde Koor is onder leiding van Hannelize du Plessis. Kore van Laerskole Bellville-Noord, Bellpark, Eversdal, Mikro en Panorama het op Donderdagaand 2 Mei aan hierdie Koorfees deelgeneem. Baie geluk aan die Hoërskool Bellville Gemengde Koor en die laerskoolkore wat saam met die Simfoniese Blaasorkes gesorg het vir ‘n baie spesiale aand.

Fotokrediet: Charl Bence Photography

Massakoor. Die Hoërskool Bellville se Gemengde Koor en laerskoolkore sing saam met die hoërskool se Simfoniese Blaasorkes.

Die Hoërskool Bellville se Gemengde Koor, onder leiding van Hannelize du Plessis.

Massakoor. Die Hoërskool Bellville se Gemengde Koor en laerskoolkore sing saam met die hoërskool se Simfoniese Blaasorkes.

 

.