Johann Vos Musiekkompetisie, vannaand 18:30 (27 Aug)

Graag nooi ons alle ouers uit om die room van jong musikante vanaand by die Gala-aand van die 29ste Johann Vos Musiekkompetisie te ondersteun. Die kompetisie word geborg deur die bekende prokureur en groot liefhebber van musiek, mnr. Johann Vos, en word aangebied deur die Hoërskool Bellville in samewerking met die Hugo Lambrechts Musiek Trust. Die Hoërskool Bellville se Theresa van der Merwe het ook deurgedring na die eindronde in die senior-blaasafdeling. Kom geniet vanaf 18:30 die aand saam met ons in die Ouditorium van die Hugo Lambrechts Musieksentrum.

.