Konsert vir kykNET NOU! se Uitblinkers-program

Leah, Francois van Coke, Rocco van Rooyen, Sean van Noordwyk en David Bester is van die sterre en oudleerders wat môre by die kykNET NOU!-opname van die Hoërskool Bellville se Uitblinkers-program betrokke is. Het jy al jou kaartjies gekoop vir die ongelooflike konsert en televisie-opname wat môreaand plaasvind? Ons talentvolle leerders tree ook saam met bekendes op. Kaartjies te koop by die skool. Betaling by die finansiële kantoor en kaartjies by juf. Danica Louw (F7) beskikbaar.

.