Pretdraf | 16 Oktober 2019

Klik hier vir Advertensie en Registrasiebesonderhede

Opwindende nuus! Kom draf of stap saam! Die Leeuklub – die Hoërskool Bellville se ondersteunersklub – bied op 16 Okt. ‘n 5km-pretdraf by die skool aan in samewerking met die Bellville Atletiekklub. Dié pretdraf vind plaas op dieselfde dag as die bekende 10km BAKgat-wedloop, wat ‘n amptelike WP-wedloop is. Daar is dus besluit dat dit in belang van beide die skool en die klub sal wees om vanjaar die Leeuklub se Gesin-en-Woefie-pretstap, wat geskeduleer was vir Saterdag 14 September, op ys te sit en alle energie aan hierdie nuwe geleentheid te wy.

16 Oktober 2019 @ 18:30 – 5km Pretdraf

Inskrywings vind plaas vanaf 17:00 op die 16de en beloop R30 per inskrywing (kontant / kaart / Snapscan). Natuurlik is daar pragtige medaljes op die spel vir die eerste 400 drawwers/stappers wat die 5km voltooi. Moedig jul kinders, vriende en familie ook aan om te kom deelneem. Die OOV gaan sorg vir iets te ete en drinke en dalk kan julle aandete na die draffie koop en saam geniet. Almal is natuurlik ook welkom om vir die 10km in te skryf. Lees asb. die inligting deeglik deur, aangesien die 10km ‘n amptelike WP-wedloop met regulasies rondom die inskrywings is.

.