Johann Vos Klavierkompetisie word mondig

Die Johann Vos klavierkompetisie word die afgelope 21 jaar deur me. Hilda Boonzaaier, musiekvakhoof van die Hoërskool  Bellville, en die musiekdepartement aangebied.Volgens me. Boonzaaier is daar 21 jaar gelede, in samewering met mnr. Johann Vos, wat deur die jare hierdie kompetisie borg, besluit om klavierleerders op so ‘n manier te verged vir harde werk. Deur die jare het die kompetisie uistekende musikante opgelewer soos, Pieter van Zyl, Louis Zurnamer, Stefan Lombard en Jaconel  Mouton.

.