1ste Seunshokkiespan in die nuus

Die 1ste seunshokkiespan het die naweek van 21 April 2012 ‘n hokkiekamp na De Kelders meegemaak. Die kamp is vir spanbou en teoretiese redes gehou en was ‘n groot sukses. Ons is ook ongelooflik trots op die spelers wat hulself mooi gedra het en waarlik ‘n advertensie vir die skool was… soveel so, dat hul ‘n volblad-artikel in die ‘Gansbaai Courant’ losgeslaan het. Welgedaan manne. Hieronder volg die berig:

 

 “Hokkiespan geniet omgewing

Die 1ste span hokkiespelers van Hoërskool Belville het onlangs vir „n naweek se ontspanning na De Kelders gekom, vanwaar hulle hierdie pragtige omgewing terdeë geniet het. Hulle het by Jan en Alta van Bosch, wat „n vakansiehuis in De Kelders besit, tuisgegaan. Sommige van hulle het by Jan‟hulle se Botha-bure oornag, want „n seunshokkiespan is een te veel vir een woning! Jan en Alta spook om hulle twee seuns, Altus (op hoërskool) en Robert (op universiteit) deur hulle hoërskool- en universiteitsjare te kry, waarna hulle nie kan wag om permanent in De Kelders te kom aftree nie. Jan ken hierdie area soos die palm van sy hand, en is ook „n entoesiastiese booteienaar wat gereeld oor naweke die see en sy visse geniet en verken. “Hierdie naweek in De Kelders en omgewing dien terselfdertyd as „n spanbou-geleentheid vir die seuns,” het die span se afrigter, Leon van Schalkwyk gesê. Die skool se skeidsregter, Johan Mostert, het ook saam kom kuier, met sy seun, Jano Mostert wat ook vir die 1ste span speel. Jan en Alta se seun, die kranige Altus van Bosch, speel ook vir die 1ste span. Die groep het seker gemaak hulle “ontdek” die omgewing. Gansbaai Wimpy is vir „n Saterdagoggend ontbyt besoek, asook die Plaat langs De Kelders, Captain‟s Corner, Uilenkraalsmond se strand vir “Life saving” en veel meer. „n Behoorlik braaivleis by Jan en Alta was natuurlik onvermydelik, aangesien „n braaivleisvuur vir Jan „n absolute naweek-noodsaaklikheid is, en diè man mag maar braai! “Die seuns het die naweek terdeë geniet en is baie beïndruk met hierdie pragtige omgewing,” het Johan gesê.

 

 

.