Langasem landloop-juffrou behaal hoogtes

Juf. Luzandrie Steenkamp, Bellville se landloop-afrigter en een van ons Lewensoriëntering-onderwysers, het die afgelope naweek aan die ProNutro African X Trail Run deelgeneem.

Hierdie kompetisie word in pare gedoen – óf mans, óf vrouens, óf gemengde pare. Sy was deel van ‘n gemengde span.

Juf. Steenkamp en haar spanmaat het op dag 1’n 32km sirkel-roete gedoen en 10de gekom. Op dag 2 het hulle 32km, van Ongegund (Sir Lowrys Pas) tot by die Oude Molen Kelder in Grabouw, gehardloop en 9de  gekom. Op dag 3 het hulle 24km gehardloop en 8ste gekom. Hul algehele posisie oor die drie dae was 8ste. Altesaam het hulle dus in drie dae 88km gehardloop!

Dit is voorwaar ‘n uitstekende prestasie en die Hoërskool Bellville is baie trots op hierdie begaafde onderwyseres!

.