Twee leerders maak ons trots in België
Op 1 Desember het Damian de Villiers en JW Loubser in die Tinnenpot Teater in Ghent, België, opgetree. Die uitdaging was om stadiger te speel sonder om die energie te verloor, sodat die Vlaminge alles kan verstaan. Die gehoor was gaande oor die 2 akteurs se spel en hulle kon nie glo dat 18-jarige akteurs tot so iets in staat is nie. In België het hulle nie Dramakuns as vak op skool nie. Na België het hulle Duitsland en Nederland besoek. Die tradisionele Kersmarkte in veral Duitsland was vir hulle ‘n groot trekpleister
Foto’s:
Die een is in Kὃln geneem en die ander in die Vondelpark in Amsterdam waar een van hulle matriekgedigte afspeel.
‘n Mooi foto wat in Zaanse Schans op die Nederlandse platteland geneem is, asook hul besoek aan Zuid-Afrikahuis.