AKADEMIESE EREKLEURE – KRITERIA
Akademies
Gr. 10: Leerders wat 85% gemiddeld behaal in al die eksamens, ontvang erekleure op die Akademiese Prysuitdeling in Februarie die volgende jaar.
Gr.11: Leerders wat 80% gemiddeld behaal in al die eksamens, ontvang erekleure op die Akademiese Prysuitdeling in Februarie die volgende jaar.
Gr. 12: Leerders wat 80% gemiddeld behaal in Graad 12 in die Junie en September eksamens ontvang erekleure aan die einde van die jaar. Leerders wat in die matriek eindeksamen 4 gemiddelde A-simbole behaal, ontvang ‘n medalje op die prysuitdeling in die vierde kwartaal van die daaropvolgende jaar.
Om te kwalifiseer vir erekleure moet die leerder al die eksamens voltooi.
Akademiese balkies word op die Februarie prysuitdeling toegeken aan leerders in gr. 10 en 11 wat nie erekleure ontvang nie en vir 3 van die 4 kwartale in die vorige jaar op die Top Twintig veskyn het en ‘n gemiddelde van 80% behaal het.
Erekleure word aan die einde van die jaar by die prysuitdeling toegeken nadat die name van genomineerdes op ‘n vergadering van die Erekleure komitee voorgelê en bespreek is.