Hoërskool Bellville gaan groen met sonpanele!

Beste Ouers

Hoërskool Bellville is baie ernstig daaroor om tegnologiese vooruitgang te ondersteun en gaan sonkrag in samewerking met Sun Exchange kry! Sun Exchange is ‘n plaaslike aanlyn-verhuringsplatform vir sonkrag. Dit stel ons in staat om na sonkrag oor te skakel sonder enige aanvangskoste. Hierdie oorskakeling na sonkrag sal help om die skool se elektrisiteitsrekening en ons koolstofvoetspoor aansienlik te verminder.

Ons het ook goeie nuus vir u! Die sonkragselle wat op ons dak geïnstalleer gaan word, gaan deur mense van regoor die land en selfs die wêreld aan ons verhuur word. As individu sal u binnekort van hierdie sonkragselle kan koop, wat Hoërskool Bellville nie net sonkrag gaan bied nie, maar ook vir u ‘n inkomste kan verdien wat deur die son aangedryf word! U kan ook kies om ‘n gedeelte (of al) hierdie inkomste aan die skool te skenk vir ons spesiale Lief en Leed-fonds om leerders te help.

Die sonselle se groepverkope (“crowd sale”) word tans op Sun Exchange se webwerf as “coming soon” aangetoon, maar vanaf hierdie week sal dit vir u en mense wêreldwyd beskikbaar wees om te koop.

Elke sonkragsel sal R86,00 kos en bied ‘n geskatte Interne Opbrengskoers (“IRR”) van 11,28% oor ‘n periode van 20 jaar. Ons doen ‘n beroep op u om deel te neem aan hierdie inisiatief, wat sal verseker dat ons skool sonkrag kry en u ‘n konstante inkomstestroom sal ontvang.

Ons sal u in kennis stel sodra die projek afskop. Intussen stel ons voor dat u by Sun Exchange aanteken deur hier te kliek.

.