Die Hoërskool Bellville se Sonkrag-groepverkope (“Crowdsale”) is nou beskikbaar!

Ons het verlede week aangekondig dat die Hoërskool Bellville sonkrag, in samewerking met Sun Exchange, gaan kry.

Hier is ‘n kort oorsig indien u die e-pos met die skrywe misgeloop het: Ons kry gratis sonkrag en betaal vir die skoon en bekostigbare energie teen ‘n verminderde koers as wat Eskom dit verskaf. Hoe is dit moontlik? U as individu mag sonkragselle koop wat deur die Hoërskool Bellville gebruik gaan word en sodoende kan u ‘n inkomste deur die son verdien. U kan ook kies om ‘n gedeelte (of alles) van hierdie inkomste aan die skool se Lief en Leed-fonds te skenk.

Die groepverkope (“crowdsale”) vir hierdie sonkragselle is nou beskikbaar. Elke sel kos so min as R86,00 en sal ‘n beraamde Interne Opbrengskoers (“IRR”) van 11,28%  vir die huurperiode van 20 jaar oplewer.

Dit is nou u kans om die nodige stappe te doen om ons te help om groen te gaan. Om deel te word van Sun Exchange en die skool te help om sonkrag te kry, kliek hier.

Kyk gerus na ons pragtige video oor die projek. Kliek hier.

.