Hoffmann du Toit gekies vir Die Burger se jeugleierskonferensie

Hoffmann du Toit, hoofseun 2020, is een van slegs 25 seuns uit die Wes-, Noord- en Oos-Kaap wat gekies is om Die Burger-koerant se jeugleierskonferensie by te woon. Dit is werklik ‘n groot prestasie, want die aansoekers word volgens streng kriteria beoordeel. Dié konferensie, wat in samewerking met die Wes-Kaapse onderwysdepartement gehou word, vier vanjaar sy 61ste bestaansjaar. Hierdie opvoedkundige en waardevolle ervaring wat jaarliks aan leerders gebied word, vind van Vrydag 6 tot Donderdag 12 Desember plaas. Baie geluk, Hoffmann.

.