Hoërskool Bellville

Ons webwerf is tans onder konstruksie

INSKRYWINGS (Gr. 8) 2025

Alle inskrywings by Hoërskool Bellville word in lyn met die bepalings van die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) gedoen.

Voornemende leerders moet onthou om aanlyn op die WKOD se elektroniese stelsel aansoek te doen. Klik hier om na die WKOD se inskrywingsportaal te gaan: https://wcedonline.westerncape.gov.za/admissions-202324

  • Aansoeke open Maandag 11 Maart 2024.
  • Aansoeke sluit op Vrydag 12 April 2024.
  • Die WKOD-stelsel vertoon die uitslag van alle aansoeke aan ouers: Woensdag 29 Mei 2024.
  • Ouers moet tussen Woensdag 29 Mei en Vrydag 14 Junie 2024 u keuse op die WKOD-stelsel bevestig en asseblief die skool inlig.

Lees gerus ons prospektus vir meer inligting oor die geleenthede wat ons u kind bied: Prospektus 2024

Hoërskool Bellville wil graag ons voornemende gr. 8’s van 2025 leer ken. Die bestuur van die skool wil daarom graag die gr. 7’s en hul ouers ontmoet. Ons vra gr. 7-ouers om die Leer Ken Mekaar-vorm te voltooi om u besluit van ‘n hoërskool te vergemaklik en ‘n ontmoeting te reël. Klik hier vir die vorm: Leer-Ken-Mekaar-vorm. Sodra ons u vorm terug ontvang sal Mev. Fabricius met u kontak maak.

Ons nooi ook alle gr. 7’s en hul ouers uit na ons OPE-AAND van 2024 wat op Woensdag 14 Februarie plaasvind.  Klik hier om nou reeds ‘n bespreking vir een van die sessies te doen: BESPREKINGSVORM

Woensdag 14 Februarie 2024
Sessie 1: 15:30 – 18:00
Sessie 2: 18:30 – 21:00

Kontak ons gerus indien u enige navrae het:

Raché Fabricius: rfabricius@hsbellville.co.za

Liani van der Merwe (Ontvangs): 021 948 1801