Skoolreëlings vir Norman Hauzer Atletiekbyeenkoms, Vrydag 7 Februarie

Vrydag, 7 Februarie 2020, se skooltye verander:

  1. Periode 7 verval
  2. Beamptes vertrek 11:25 na Parow
  3. Atlete onttrek 11:00
  4. 2de Pouse is vanaf 11:25 tot 11:45
  5. MTBS sang en toesigklasse vanaf 11:45 tot 14:15
  6. Die skool verdaag om 14:15

Alle gr.8 en gr.9 leerders wat op die MTBS pawiljoen sit, word vriendelik verplig om die Norman Hauzer atletiekbyeenkoms by te woon vanaf 14:15 tot ongeveer 18:00 Vrydagaand. Alle ander leerders word ook aangemoedig om die aangeleentheid by te woon. Dit sal hoog op prys gestel word dat die leerders die skool se naam sal hoog hou.

 

.