Dringende boodskap!!!

Beste Ouers

 

Die skool wil graag die volgende deurgee ná President Cyril Ramaphosa se afkondiging van ‘n nasionale noodtoestand weens die vinnige verspreiding van die koronavirus (Covid-19). Alle skool-aktiwiteite vir hierdie week – behalwe akademie – is afgestel. Daar sal geen sport- of kultuur-aktiwiteite en/of oefeninge wees nie. Die skoolbestuur vergader vanoggend en meer volledige inligting oor onder meer die tyd wat die skool op Woensdag 18 Maart sluit, wedstryde en toere sal later vandag aan u gegee word. Ons waardeer u begrip en ondersteuning in hierdie moeilike tyd.

 

Vriendelike groete

Mnr. Deon du Plessis

Skoolhoof

Hoërskool Bellville

.