Johann Vos Musiekkompetisie 2020

Die gesogte Johann Vos Musiekkompetisie, wat vir 25/26 Augustus 2020 geskeduleer is, is weens die Covid-19-pandemie na volgende jaar uitgestel. Die nuwe datum vir die kompetisie sal later bekend gemaak word.

Dit sou die 30ste jaar gewees het wat mnr. Johann Vos, ‘n bekende prokureur en groot liefhebber van musiek, die kompetisie sou borg wat deur die Hoërskool Bellville aangebied word in samewerking met die Hugo Lambrechts Musiek Trust. Ons sou vanjaar ‘n opwindende nuwe ope kategorie bygevoeg het om die kompetisie se 30ste bestaansjaar te vier. Dié kategorie sou vir pianiste tussen die ouderdom van 18-28 jaar wees. Die prysgeld vir die ope kategorie sou deur die Olive Lieberz-fonds geborg word. Baie dankie ook vir die bykomende Leon Hartshorne-pryse wat ook bygevoeg sou word om ons Piccolo- en Juniorblaas-afdelings tot hoër hoogtes te neem.

Klik hier vir die brief wat aan deelnemers, skole, universiteite en musieksentrums gestuur is: Inligtingsbrief

.