NUUSFLITS: President Cyril Ramaphosa se aankondiging oor skole se sluiting.

Geagte Ouers

Na aanleiding van president Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand oor skole se sluiting, sal die skool vanaf Maandag 27 Julie 2020 vir leerders gesluit wees. Die graad 12’s se eksamenvraestel van Maandag 27 Julie word geskuif na Maandag 3 Augustus. Ons doen ‘n beroep op die matrieks om voorbereid te wees.

Volledige inligting oor die skool se aangepaste rooster, dagprogram en die terugkeer van grade sal so gou moontlik aan u deurgegee word sodra ons amptelike inligting van die WKOD ontvang het. Dit sluit in inligting oor afstandsonderrig en klasse by die skool.

Paratus Ad Omnia

Deon du Plessis
SKOOLHOOF

.