AANKONDIGING UIT DIE SPORTKANTOOR | 28 Junie 2021

Geagte Ouers/Voogde

SPORTOEFENINGE EN – WEDSTRYDE

Na aanleiding van president Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand word alle sportaktiwiteite by Hoërskool Bellville onmiddellik gestaak.

Daar sal vanmiddag geen oefeninge wees nie. Alle oefeninge en wedstryde word tot verdere kennisgewing afgestel.

Daar sal binnekort krag- en kondisioneringsprogramme d.m.v. WhatsApp-groepe aan leerders gestuur word. Daar word ‘n beroep gedoen op leerders om asseblief hierdie programme gedurende die skoolvakansie te volg.

Paratus Ad Omnia

Vernon Dickason (Hoof: Sport en Werwingsburo)

 

.