Skole se heropening | Hoof se boodskap | 12 Julie 2021

Geagte Ouers en Leerders

Ek hoop dat almal gesond en veilig is.

Soos u bewus is, het president Cyril Ramaphosa gisteraand aangekondig dat skole eers op Maandag 26 Julie heropen. Meer besonderhede oor eksamens en die kwartaalprogram sal so vinnig moontlik aan u gekommunikeer word sodra ons amptelike skrywes van die DBE en WKOD af ontvang het.

Dankie vir almal se geduld en ondersteuning.

Paratus Ad Omnia
Deon du Plessis
Skoolhoof

.