Ondersteun Hoërskool Bellville deur middel van MySchool

Soos wat die meeste mense weet, kan ‘n mens deur middel van MySchool ‘n lojaliteitskaart aan die skool of organisasie van ‘n mens se keuse, aan aankope by sekere winkels koppel. Hierdie winkels gee dan aan die gekose skool or organisasie ‘n sekere persentasie van die wins.  Hierdie strategie bied aan die Hoërskool Bellville ‘n noemenswaardige inkomste. Haal dus bietjie daardie MySchool-kaart uit en gebruik hom!

Woolworths gee nou op sommige produkte ook lekker afslag as jy jou MySchool kaart voor die transaksie toon.

As u reeds  ‘n MySchool-kaart het wat gekoppel is aan ‘n ander skool, is dit nie nodig om vir ‘n nuwe kaart aansoek te doen nie, maar beter om net u MySchool profiel te verander om ons te ondersteun.  U besonderhede kan maklik nagegaan en op datum gebring word bywww.myschool.co.za (kliek op ‘update my profile’) of skakel MySchool by 0860 100 445.

 

 

.